KITSERY/KEDGEREE:
By Berie Smith in KITSKOS·
15 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
400 ml rys
5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
1 liter water
sout en varsgemaalde swartpeper
400 g gerookte skelvis
3 hardgekookte eiers, in kwarte gesny sap van 'n halwe suurlemoen
30 ml pietersielie, gekap
Verhit die olie in 'n kastrol en braai die ui en knoffel tot deurskynend. Voeg die rys, kerriepoeier en borrie by. Braai vir 1 minuut. Voeg die water en sout en peper by. Kook onbedek vir 10 minute, roer af en toe. Voeg die vis by en kook 10 minute.
Bedien met die hardgekookte eiers bo-op gerangskik. Sprinkel die suurlemoensap en pietersielie oor.
GEBAKTE STOKVIS SICILIAAN:
By Berie Smith in KITSKOS
Kooktyd: 25 - 30 minute
Temperatuur: 190°C of 375°
4 porsies
600 - 700g stokvisfilette
2 eetl olyfolie
1 groot ui (fyn gekap)
1 stingel seldery (fyn gekap)
4 ryp tamaties, geskil en in vier verdeel
6 eetl medium-droë witwyn
2 eetl water
12 groen olywe (ontpit en fyn gekap)
1 eetl kappertjiesaad
1 eetl gekapte, vars pietersielie
sout, peper en suiker
1. Vee die vis af, sny in porsies en rangskik in 'n vlak, gebotterde vuurvaste bak.
2. Verhit olie en braai ui en seldery oor lae hitte tot sag, maar ongekleur (ongeveer 5 minute).
3. Ontpit tamaties en kap fyn. Voeg dit in die bak by die wyn en water. Geur met sout, peper en suiker.
4. Roer totdat dit kook en laat prut vir 5 minute. Voeg olywe en kappertjiesaad by en gooi dit oor die vis.
5. Bak in die middel van `n voorafverhitte oond en bedruip af en toe. Sprinkel pietersielie daaroor en dien dit warm op in dieselfde bak.
VIS POFFERS:
By Berie Smith in KITSKOS ·
Dit lewer 4 porsies.
4 knoffelhuisies, gekneus
20 swart peperkorrels
4 koljanderstingels, fyngekap
knypie suiker
3 groot gedroogde rooi rissies
750 g visfilette, ontvel
15 ml koekmeelblom
15 ml sojasous
75 ml sonneblomolie
Plaas die knoffel, peperkorrels, koljander, suiker en droë rissie in 'n voedselverwerker en verwerk tot 'n gladde pasta. Voeg die visfilette bietjiesgewys by en hou aan om tot 'n gladde pasta te verwerk. Voeg die meel en sojasous by en verwerk 'n paar sekondes. Plaas vismengsel in 'n meng bak. Vorm 20 klein balletjies, ongeveer 2,5 cm in deursnee. Verhit die olie in 'n wok of diepbraaier en braai 'n paar balletjies op 'n slag tot 'n eweredige goudbruin. Verwyder dit met 'n gaatjieslepel, dreineer op papierhanddoek en hou warm.
INGELEGDE VIS: [PETRA PRETORIUS]
Voortrekker resepteboek, dis vreeslik lekker, ek vrek hieroor !
Bestanddele:
6 – 8 pond vars geelbek of enige ander geskikte soort vis
1 baie klein Rissie, fyn gekap
... 12 Naeltjies
6 groot wit Uie 2 eetlepels goeie Blatjang
2 onse Kerrie Sout
1 teelepel Borrie 2 – 3 pinte goeie Asyn
2 eetlepels Suiker
Metode:
Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet. Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook. Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor.
KAMMA KREEF VOORGEREG:
Sous
1½ kg Stokvis
250 ml Mayonnaise
1 liter Water
125 ml Tamatiesous
25 ml Asyn
5 ml Worcestersous
5 ml Sout
5 ml Brandewyn
Knippie peper
1 Gerasperde Ui
4 Druppels Tabascosous
Knippie peper
1. Ontvel en kook vis in water, asyn, sout en peper net tot gaar.
2. Dreineer water en vlok vis. Laat afkoel.
3. Meng alle bestanddele vir sous en voeg vis laaste by.
4. Bedien op slaaiblaar met 'n skyfie suurlemoen en stukkie pietersielie.
Genoeg as voorgereg vir 6 - 8 persone
VRIENDIN SE LEKKER VISRESEP: (hake) [LOUISE NEL BASSON]
Ontdooi so 3 stukkies,garneer net met sout en suurlemoen peper,sit nou garlic botter in n nom-stick pan,sit vis in vat n eetlepel mayonaise en sit dit op die vis, rasper cheddear kaas, oor sit dekselop en stoom oor n lae hitte en kou jou lippe af,dis smaakna nog?
EKONOMIESE VISGEREG:
500g skelvis, gaar
30 ml botter
30ml koekmeel
2ml sout
300ml melk
300ml gaar stampmielies
15ml vars pietersielie, gekap
300ml Cheddarkaas, gerasper
2 eiers
200ml melk
Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n vuurvaste oondskottel. Vlok die skelvis. Smelt die botter en roer die meel en sout by. Voeg die melk by en verdik vir 3 minute terwyl die mengsel geroer word. Voeg die witsous, stampmielies, pietersielie en kaas by die skelvis. Klits die eiers en melk saam en meng met die skelvismengsel. Giet mengsel in die oondskottel en bak vir 30 minute. Sit voor saam met slaai as 'n ligte noenmaalgereg.
TUNATERT: [VLOOI]
1 blik Tuna.
30 ml. meelblom.
2 eiers.
375 ml. melk.
250 ml. gerasperde kaas.
Metode
Klits eiers en melk goed. Meng tuna, meel en kaas met eiermengsel. Bak vir 30 minute in oond teen 350 Grade F ( 180 Grade C ) Kan met pietersielie versier word.
TUNA SPAGHETTI: [VLOOI]
Bestanddele:
Halwe pak spaghetti
Dik wit uie sop (afhangende van hoeveelheid melk)
2-3 koppies melk
3 blikke tuna
sampioene
uie
gerasperde kaas
sout en peper na smaak
Metode:
Maak spaghetti gaar en hou warm. Braai uie en sampioene. Meng melk en soppoeier. Verhit totdat sopmengsel lekker dik is. Meng tuna en kaas en sampioene en uie in die sopmengsel. Bedien as sous oor die spaghetti. (Sous is baie sout a.g.v sop. Moet dus nie sout bygooi nie.)
VISRESEPPIE:
Bedien met 'n groenslaai en lekker volkoringbrood.
1 pak wit vis (sonder grate) [of seekos mix]
2 tamaties
1 ui
3 eetl. tamatiesous
1 eetlepel Worcestersous
1 koppie mayonaisse
Tobascosous na smaak
6 gekookte fyngemaakte
aartappels ( kapokaartappels)
sout en peper na smaak
knippie suiker
1 klein pakkie kaas en uie aartappelskyfies
1 koppie gerasperde kaas
1. Sny vis in stukke en kook in 'n bietjie soutwater tot gaar. Dreineer en vlok die vis.
2. Braai tamatie en uie saam en voeg speserye by na smaak.
3. Meng die vis, tamatie en uie mengsel, fyn aartappels, en die res van die Bestanddele behalwe die pakkie aartappelskyfies en kaas saam.
4. Skep in oondbak.
5. Druk aartappelskyfies fyn en strooi bo-oor mengsel.
6. Strooi kaas bo-oor en bak in voorverhitte oond van ongeveer 180°C tot kaas gesmelt het.
Opmerking: genoeg porsies vir 'n gesin van vier.
VINNIGE TUNA TERT:
2 medium uie gekap
2 blikkies tuna
150g Kaas-en-Uie skyfies (fyngemaak)
100ml mayonnaise
100ml blatjang
200ml melk
6 eiers
1 klein blikkie gesnyde sampioene
2 koppies gerasperde cheddar kaas
1. Braai die uie. Meng die uie en al die ander bestanddele behalwe die kaas
saam.
2. Bak dit sowat 30 min by 180 grade C. Verwyder uit die oond en strooi
die kaas bo-oor.
SEAFOOD BREYANI:
Use prawns, hake and calamari to make this unusual seafood breyani dish.
Serves 4 | Preparation Time: 10 mins | Cooking Time: 20 mins
Ingredients
300 g hake fillet, cubed
200 g calamari rings
15 ml oil
1 x 293 g box Knorr Rice Mate Mildly Breyani
800 ml water
200 g prawns, deveined and shelled
2 tomatoes, cubed
30 ml fresh coriander, chopped
Instructions
In a large saucepan, fry the hake and calamari in oil for 3 min. Add the sachet of
seasoning mix, 800 ml hot water, and the uncooked rice and bring to the boil. Reduce the heat and simmer for 15 min, stirring occasionally. Stir in the prawns and tomato, and simmer for a further 5 min. Top with chopped coriander.
[Jy kan net 'n seekosmengsel ook hier gebruik.....baie lekker.]
VISPASTEI:
Kors
50 g botter (50 ml);
2 eiers, geklits
300 g stampmielies, gaar (500 ml)
120 g mielieblom
50 g koekmeelblom (100 ml)
10 ml bakpoeier
1 ml sout.
Vulsel
15 ml olie
1 ui, gekap
1 x 425 g blik sardyne in tamatiesous, gedreineer en gevlok
10 ml suurlemoensap
3 eiers, geklits
150 ml mayonnaise
100 g Cheddarkaas, gerasper (200 ml)
sout en grofgemaalde peper.
Kors
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Verpulp die botter, eiers en stampmielies.
Sif die droë bestanddele saam en meng met stampmieliemengsel.
Voer'n gesmeerde tertbord met die korsmengsel uit.
Vulsel
Verhit olie en soteer die ui.
Voeg res van bestanddele by en meng.
Gooi die vulsel in die kors en bak vir 30/40 min.
SEEKOS SOUTTERT:
KORS:
125g sagte botter of margarien
500ml koekmeelblom
50ml water
VULSEL:
25olie 2 preie (in ringe gesny)
150g sampioene (in skyfies gesny
200g skelvis(gestoom, ontgraat, gevlok)
1x200 steurgarnale(gedreineer)
250ml Cheddarkaas (gerasper)
3 ekstra grootte eiers (liggies geklits)
125ml room 125ml melk
sout en peper
Voorverhit die oond tot 200C. Vryf die botter met jou vingers in die koekmeelblom. Voeg net genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm. Knie goed, bedek met kleefplastiek en verkoel sowat ‘n halfuur lank. Rol ongeveer 3mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en voer ‘n 20cm tertbord daarmee uit. Prik die bodem met ‘n vurk
en verkoel weer sowat 15 minute lank. Voer die tertkors met waspapier uit en vul met droë bone. Bak 10 minute lank, verwyder die papier en bone en bak weer 15 minute lank. **Verhit olie in ‘n pan en soteer die preie daarin tot sag. Voeg die sampioene by en soteer tot ligbruin. Skep uit in die tertkors en volg met skelvis, steurgarnale en Cheddarkaas. Meng die eiers, room en melk en geur na smaak met sout en peper. Giet oor bestanddele in tertkors. Verlaag die hitte na 190C. en bak sowat 35 minute, of tot eiermengsel gestol en die tert ligbruin bo is.
VISKOEKIES VAN PILCHARDS: [Ma San vanuit Niekerkshoop in die Karoo]
2 eiers
1 groot blik Pilchards (Vis)
60ml (¼ koppie) asyn
1 klein gekapte ui
sout en peper na smaak
5ml (1 teelepel) bakpoeier
250ml (1 koppie) koekmeelblom
Klits die eiers. Voeg die vis, asyn, ui, sout en peper by. Druk vis fyn. Meng bakpoeier n meel. Voeg by vismengsel en meng tot .n stywe deeg. Skep teelepel vol en bak in arm olie tot goudbruin.
SKELVISPASTEI: [HADDOCK]
1 pak "haddock"
1 groot gerasperde ui
1 eier
peper
1 koppie gerasperde kaas
witsous waarby kaas gevoeg is.
Kook "haddock" gaar, en voeg die res van die bestandele by.
Voeg 'n bietjie pietersielie of fyn groen lobbe van uie by.
Skep in 'n gesmeerde vuurvaste bak en bak in 'n matige oond. ('n Bietjie gerasperde kaas kan bo-oor gestrooi word).
MAKLIKSTE VIS OOIT !
800gr gevriesde stokvis (hake) waarvan die velle verwyder is
250ml suurroom
250ml melk
1 pakkie wit uiesoppoeier Aromat
Gerasperde kaas en pietersielie vir bo-oor
Stel oond op 180°C.
Pak vis in gesmeerde 4-kantige bak.
Meng room, melk en soppoeier.
Sprinkel Aromat oor en gooi melkmengsel oor. Bak 35-40 min. tot vis gaar is. Gooi dik laag gerasperde kaas bo-oor en bak vir so 8 - 10 min.