BEVRORE GRENADELLA KAASKOEK:
By Berie Smith in KITSKOS ·
Lewer 10 – 12 porsies
’n Alternatief vir ’n gebakte kaaskoek, met ’n heerlike romerige tekstuur. Dis al by vele kuiergeleenthede en selfs funksies voorgesit, want dis ook een van dié resepte waarvoor gevra word amper elke keer as iemand dit proe. Dis vinnig en maklik en kan lank voor die tyd gemaak word.
Kors
1 x 200 g-pakkie suurlemoenroomkoekies (Lemon creams)
100-125 g (100-125 ml) botter, gesmelt
Vulsel
2 x 397 g-blikke kondensmelk
250 ml suurlemoensap
200 g geroomde of gladde maaskaas
250 ml vars room
2 x 115 g-blikke grenadellapulp
Metode
1. Kors: Breek die koekies in ’n voedselverwerker tot fyn krummels. Of plaas dit in ’n plastieksakkie en rol met ’n rolstok fyn. Meng die botter deeglik deur en hou eenkant.
2. Vulsel: Plaas die kondensmelk en suurlemoensap in ’n groot mengbak en klits tot dit verdik. Klits die room- of maaskaas en room deeglik by en roer die grenadella by.
3. Voer die bodem en kante van ’n 24 cm-koekpan met kleefplastiek uit sodat daar genoeg oor die rand bly hang om die kaaskoek mee te bedek. Andersins kan 10-12 individuele koppies of klein bakkies op dieselfde manier gebruik word. Skink die mengsel in die pan of koppies, skep die beskuitjiekrummels bo-op, versprei eweredig en druk liggies vas.
4. Bedek kaaskoek met die kleefplastiek en plaas nog ’n laag bo-oor. Vries oornag of tot benodig. Verwyder die boonste laag kleefplastiek.
5. Keer die kaaskoek op ’n verkoelde bord uit (sit vooraf in die vrieskas). Trek die kleefplastiek af en sit dadelik voor. Sny in skywe en sit net so of met ekstra grenadellapulp of vars vrugte voor.
Wenke:
1.Vries die kaaskoek in ’n 1,5-2 liter broodpan en sny in skywe. Dit kan tot 3 maande gevries word.
2. Vervang die grenadella met 250 g vars frambose. Verpulp 2/3 en roer soos die grenadella in. Die res kan heel ingeroer of wanneer dit voorgesit word, as garnering gebruik word.
MARSHMALLOW TERT:
By Berie Smith in KITSKOS ·
1 blik kondensmelk
1 blik crushed pynappels
1 pakkie tennis- of mariebeskuitjies
botter
Gesnipperde marshmallows
Meng kondensmelk, pynappels en marshmallows goed saam.
Krummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met botter.
Giet mengsel bo-oor kors en plaas in yskas om te stol.
LITTLE LEMON CHEESECAKES:
By Berie Smith in KITSKOS ·Recipe by Kim McCosker & Rachael Bermingham from 4 Ingredients
Ingredients
1 jar lemon Butter
1 tub cream cheese
1 packet buttersnap biscuit
Method
Place muffin wrappers into muffin tray and line with a buttersnap biscuit in each.
Combine lemon butter and cream cheese until smooth.
Pour into muffin wrappers and place muffin tray into freezer until mixture is solid.
CHRISSIE'S CARAMAL TART:
By Berie Smith in KITSKOS · Recipe by Kim McCosker & Rachael Bermingham from 4 Ingredients
Ingredients
1 sheet sweet short crust pastry
400 g can Nestle Top n Fill Caramel
1 cup thickened cream whipped
1 teaspoon Butter
Method
Preheat oven to 180C.
Grease pie dish with butter and line with sheet of pastry.
Place in oven for 10 minutes, or until golden brown.
Pour caramel into pastry shell.
Spoon over thickened whipped cream generously…as easy as 1,2,3!
CARAMEL MACADAMIA NUT TARTS"

2 sheets sweet Shortcrust pastry
1 Nestle Top 'n' Fill Caramel
250 g Chocolate
½ cup roughly chopped Macadamia nuts
Method
Cut short crust pastry in squares and placing into a muffin tray creating a shell. Cook in medium heat until golden brown.
Once cooled, add a dollop of melted chocolate and top with some top n’ fill caramel.
Sprinkle with chopped Macadamia nut and serve.
KITS TUNA-TERT:
By Berie Smith in KITSKOS ·
Smeer 'n oondvaste tertbord met botter/olie.
Pluis 'n blikkie Tuna-vis (225g)
1. Meng ongeveer 'n halwe koppie gerasperde kaas en een gekapte, gesoteerde ui daarby. (Wenk: Jong uie/ "Spring onions" gekap met lowwe en al, is lekker.)
2. Klits saam: 2 eiers, 25 ml koekmeel, 'n halwe teelepel bakpoeier, 'n knippie sout en 200 ml melk.
3. Giet hierdie mengsel bo-oor en strooi 'n bietjie gekapte pietersielie daaroor.
4. Bak in oond tot gaar ( teen 180 grade Celsius vir 30 minute)
5. Bedien warm met vars brood en 'n mengelslaai van blaarslaai, komkommer, pynappel, ens.
AARBEI KAASTERT:
By Berie Smith in KITSKOS ·
1 pakkie Tennis Beskuitjies (fyngerol en met 100g margarien of botter gemeng).
Druk vas in tertbak en mikrogolf vir 1 minuut en 30 sekondes op hoog. Laat afkoel.
1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap (ek proe maar na so 40 ml of dit nog nie reg is nie, want soms is die suurlemoene bietjie te suur na my smaak)
250 ml vars room
1 bakkie plein fyn maaskaas (NIE die korrelrige nie)
1 bakkie aarbeie (VARS) ( dis die klein houertjies)
25 ml gelatien opgelos in 1 koppie water, sodra dit helder word mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Koel af.
1 pakkie aarbei- OF rooi jellie aangemaak met 200ml kookwater en dan nog 200 ml koue water bygevoeg. Laat afkoel.
(NB.
Maak die jellie eerste aan sodat dit kan
afkoel. Die gelatien moet ook afkoel.)
Sny sowat driekwart van die aarbeie in stukkies. Ek sny dit gewoonlik in so agt tot tien stukkies per aarbei. Die res sny ek in WAAIERTJIES vir versiering.
1. Meng die maaskaas, kondensmelk, room, afgekoelde gelatien-vloeistof. Voeg die suurlemoensap laaste by. Roer die stukkies aarbei liggies in.
2. Gooi die kaasmengsel nou oor die afgekoelde kors.
3. Versier bo-op met die res van die aarbeie.
4. Gooi nou liggies die rooi jellie bo-oor. Laat set in die yskas.
SOUTTERT (van Rassie)
By Berie Smith in KITSKOS·
1 blik (113g) weense worsies , fyn gemaak
1 koppie kaas
1 koppie melk
2 eiers
1 teelepel mosterd
1 eetlepel meel sout en peper na smaak
Meng alles en bak by 180° tot ligbruin. Omtrent 20 min.
YSKASTERT:
By Berie Smith in KITSKOS·
1 pak Tennis beskuitjies
2 sakkies Orley Whip
sjokolade versiersuiker
sterk, swart koffie - koud
Week beskuitjies vinnig in koue koffie. Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room.
Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room.
Boonste laag room.
Versier met vermicilli of peppermint crisp.
SOUTTERT VIR DIE ONKUNDIGE KOK:
By Berie Smith in KITSKOS ·
Die beloofde variasie op hierdie souttert:
6 snye brood, met korsies en al
4 eiers
500 ml melk
250 ml gerasperde kaas
Sout en peper na smaak
Enige kruie waarvan jy hou
Week brood in melk en druk fyn.
Voeg geklopte eiers by.
Alternatief kan jy dit alles plaas in die voedselverwerker en meng.
Meng nou jou broodmensels met jou vulsel en speserye.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondpan/bak (middelmatige grootte)
Sprinkel die kaas bo-oor.
(Ek meng soms kaas ook by die brood en eiermengsel)
Bak vir 45 minute teen so om en by 180 grade.
Die tert vertoon papperig as dit gaar is ... laat effens afkoel - stol wanneer effens kouer.
LEKKER VULSELS:
Vleis vulsels:
1 Koppie gerasperde polonie
10 weense worsies, in wielietjies gesny
1 Koppie gesnipperde gebraaide spek
30 ml pietersielie
10 ml mosterdpoeier
sout en peper na smaak
Vir afwisseling kan gevlekte hoender ook gebruik word.
Spinasievulsel
500 g gevriesde spinasie
250 g spek, gebraai
250 g-bakkie sampioene, gebraai
30 ml pietersielie
10 ml mosterdpoeier
sout en peper na smaak
*As jy spinasie en sampioene gebruik - laat al die vloeistof wegbraai anders gaan die ekstra vloeistof veroorsaak dat die tert nie reg stol nie!
Vegetaries met een of meer van die volgende:
spinasie
brocolli
sampioene
aspersies
soetrissies
pikanterissies
fetakaas
KAASKOEK TIPE -TERT:
KORS:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)
VULSEL:
1blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)
1koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room
1. Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af,
voeg 'n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg.
2. Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so) in klein stukkies, en voeg by.
3. Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas vir net 15 minute - en dien op.
4. Ideaal vir onverwagte gaste !!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood….dien op met roomys.
KORSLOSE MELKTERT: [PETRA PRETORIUS]
4 eiers-geskei,
250ml suiker,
60g botter/marg-gesmelt,
250ml-koekmeel,
5ml bakpoeier,
knypie sout,
1L melk,
5ml vanielje geursel,
50ml kaneelsuiker.
Metode:
Voorverhit oond-180C en spuit 2 tertborde met volume van 1L elk.
Klits eiergele,suiker en botter/marg saam tot
romerig. Sif koekmeel,bakpoeier en sout saam en klits dit by di eiergeelmengsel in. Voeg die melk en vanielje by en meng. Klits eierwitte tot styf en vou
liggies in met metaal lepel by die melkmengsel. Mengsel is dun. Gooi in tertborde en strooi kaneelsuiker oor.
Bak 40 tot 50min.
SJOKOLADE KANEEL TORTé: [ONBEKEND]
KORS
2 en ‘n driekwart koppies gesifte meel
2 eetl kaneel
360 g botter
2k suiker
2 eiers ongeklits
Sny sirkels in tinfoelie, (12-14 sirkels)
Smeer dit met olie
Stel die oond op 190°C C
Sif kaneel en meel saam
Klop botter en suiker tot room
Klop eiers een vir een by
Klop tot romerig
Sif kaneel en meel bietjie vir bietjie by
Klop tot glad
Smeer mengsel op die tinfoelie sirkels in ‘n dun lagie bak tot gaar vir ongeveer 12 minute (DIT BRAND MAKLIK HOU DIT DOP!!) Strooi 1/4 teelepel suiker oor elkeen as dit nog warm is (hierdie is addisionele suiker). Bêre dit.
VULSEL
1 uur voor bediening, dit moet kan intrek in die koek lae
25g onversoete sjokolade fyn gerasper
4 k dik room
12 glanskersies
okkerneute
2 flakes
Meng room en kakao saam Smeer op koek laag(torté), sit ‘n torté, laag room, torté ens. Vou onversoete sjokolade by oorblywende room (jy gaan nou die boonste laag versier) Skep op boonste torté Breek flakes in die middel op ‘n hopie (of sprinkel oor die laag) Versier met kersies en okkerneute.
VINNIGE SUURLEMOENTERT: [petra pretorius]
1 blik kondensmelk
3/4 koppie suurlemoensap (of minder na smaak)
500 ml ultramel room
1 pak tennisbeskuitjies
1.Klits room en kondensmelk saam. Voeg suurlemoensap by en klop tot styf.
2. Voer bak uit met beskuitjies en gooi mengsel in. Sit in yskas en laat styf
word en sprinkel dan 100/1000's oor of krummel 'n beskuitjie bo-oor net
voor opdien.
AMERIKAANSE POTTING SOIL TERT: (Lorette Grové)
4 x bokse Swart Oreo koekies
2 x bakkies maaskaas
4 x koppies melk
2 x pakkies instant pudding (Vanilla)Rasper met grof kant al die Oreo koekies
Meng Instant pudding met melk en voeg maaskaas by.
Vat 'n diep glas bak en pak 'n laag gerasperde koekies dan helfde van die pudding mengsel.
Maak sulke lae en heel laaste gooi van die Oreo koekies op.
"Die hele geheim van dit is die rasper van die koekies en dit moet die swart oreo koekies wees."
AARBEITERT: (Pieter)
Beskuitjiekors:
1/2 pakkie Tennis beskuitjies + botter.
Vulsel:
Verhit een koppie suiker en een koppie water.
Maak twee opgehoopte eetlepels maizena aan met water en voeg by mengsel.
Kook tot gaar en haal van stoof.
Voeg twee groot eetlepels aarbeijellie by en roer tot gesmelt.
Pak 250 gr. ryp aarbeie (afgewas) lekker styf in kors en gooi warm aarbeivla daar oor. Wanneer koud, plaas in yskas.
Versier net voor bediening met 125 ml. geklopte, versoete room.
HEERLIKE APPELTERT:
Bestanddele:
1 x vel “frozen puff pastry”
2 x appels of perskes, geskil of papierdun gesny
½ koppie appelkooskonfyt
1/3 koppie bruinsuiker
½ teelepel kaneel
Metode:
Rol die deeg uit en sny 9 blokkies uit, die blokkies kan redelik groot wees, kyk maar hoeveel kry jy uitgesny. Smeer konfyt op elke blokkie, pak die appelskywe uit op die een halfte van die blokkie. Meng die bruinsuiker en kaneel in ’n klein bakkie. Sprinkel dit oor die appelskywe. Vou nou die deegoor dieappelskywe en vou die kante in. Sit die appeltertjies op ’n koekiepan wat gespuit is met “Spray and Cook” of wat met ’n dun lagie botter gesmeer is.
Bak teen 180° C vir 10-12 minute totdat die deeg goudbruin is. Jy kan dit selfs bedien met roomys.
SUURLEMOEN MERINGUE TERT: [PETRA PRETORIUS]
Ek gebruik 'n beskuitjiekors - 3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml margarien, gesmelt.
397g-blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
3 eiers, geskei
125 ml strooisuiker
5 ml asyn
15 ml mielieblom (Maizena)
Voorverhit die oond tot 180C. Berei die kors en druk dit vas in 'n tertbord.
Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf is. Klits nou die asyn en mielieblom by.
Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit in die tertkors. Skep die meringue bo-op.
Bak vir 10 minute of tot ligbruin. (Nie veel langer nie, anders word die meringue taai en dit kan brand.)
Verkoel voor opdiening (indien verkies).
KORSLOSE SPEK EN WORSIETERT:
Botter om 'n tertbord van 22 cm te smeer
3-4 eetlepels vars volgraan-broodkrummels om in bord te sprinkel
125 g swoerdlose ontbytspek,
15 ml olie
1 klein uitjie, baie fyn gekap
1 x 200-g-blikkie Weense worsies in dun
30 ml gekapte pietersielie ringetjies gesny
5 ml gemengde droë kruie
250 ml beleë Cheddar-kaas, gerasper
375 ml melk
3 ekstra groot eiers
45 ml meel
5 ml bakpoeier
5 ml gegeurde sout (sout en peper)
5 ml mosterdpoeier
Braai die ontbytspek in die olie tot die vet begin uitbraai. Voeg die ui by en braai tot dit sag en glansend is.
Voeg die worsies, pietersielie en kruie by. Sprinkel die kaas in die voorbereide bak. Skep die vleismengsel eweredig oor die kaas. Klop die melk, eiers, meel, bakpoeier en geurmiddels deeglik saam. Giet oor die vulsel. Bak ongeveer 35 minute lank in 'n matige oond by 180C tot mooi bruin en gestol.
PEPPERMENT-CRISP KARAMELTERT:
Die tert is vir diegene wat glo hulle kan nie bak nie. Dit is vreeslik maklik en vinnig om voor te berei en vind altyd groot byval.
1 x 380 g blik karamelkondensmelk
50 ml suurlemoensap
2 x 125 ml-sakkies Orley Whip
2 x 50 g-stafies pepermentsjokolade, gerasper
1 x 200 g-pakkie Tennis-beskuitjies
Meng karamelkondensmelk en suurlemoensap goed saam. Klits die Orley Whip tot styf en vou in die kondensmelkmengsel in. Smeer 'n langwerpige glasbak 20 x 30 x 5 cm, of bespuit dit met kleefwerende middel. Pak 'n laag beskuitjies op die boom van die bak en smeer 'n laag konden smelkmengsel eweredig oor.
Sprinkel gerasperde pepermentsjokolade oor. Herhaal die lae totdat die beskuitjies en kondensmelkmengsel op is, eindig met 'n laag gerasperde pepermentsjokolade.
Plaas die tert in die koelkas.
BANOFEETERT:
*1 Pak McVities of Tennisbeskuitjies-fyngedruk
*125ml gesmelte botter
*1 Blik caramel treat
*375ml Dik vla (self gemaakte)
*2-4 Piesang
*250ml styfgeklopte room
-Meng beskuitjiekrummels en botter goed saam en druk stewig vas op die boom van 'n tertpan of vlak glasbak,vierkantig of rond.
-Plaas in yskas vir so 15 tot 20 minute.
-Haal kors uit yskas en bedek en smeer dit met caramel treat.
-Sny piesangs ringe en pak bo-oor caramel treat.
-Bedek en smeer dik vla oor gepakte piesangs.
-Bedek en smeer styf geklopte room oor vla en sprinkel kokoa poeier oor, garneer met cherries en amandel vlokkies.
EDITH SE SUURLEMOEN MERINGUETERT:
1 blik kondensmelk
25ml vars suurlemoensap
25 mariebeskuitjies
80ml botter, gesmelt12ml strooisuiker
5 eiers, geskei
Metode
Voorverhit die oond tot 140°C
1.Verkrummel die beskuitjies in ‘n bak en roer genoeg botter by om dit klam te maak. Te veel botter sal dit te nat maak. Druk dit vas in ‘n tertbord.
2.In ‘n ander bak meng die kondensmelk en 25 ml vars suurlemoensap met mekaar. Skei die eiers, sit die eierwitte in ‘n mengbak en voeg slegs 3 van die eiergele by die kondensmelkmengsel.
3.Klits dit goed en gooi mengsel bo-op kors. Maak seker jou klitser is skoon.
4.Klits die 5 eierwitt en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf is en punte vorm. Skep die meringue bo-op.
5.Bak vir omtrent so 15-20 minute of tot die meringue ligbruin van kleur is. (Nie veel langer nie, anders word die meringue taai en dit kan brand.)Verkoel voor opdiening (indien verkies).
MALVA TERT: [Martie von Bentheim]
1 Pakkie Tennis beskuitjies
1 Blik Kondensmelk
125 ml Suurlemoensap
12 tot 15 Gesnyde ... Malvalekkers
1 Blik Pynappelstukkies (gedreineer)
125 ml Room (Opsioneel)
10 ml Gelatien
Metode
Klits die kondensmelk en
suurlemoensap goed saam.
Voeg die ander bestanddele by.
Los die Gelatien op in 'n bietjie kookwater.
Pak die tennisbeskuitjies onder en rondom die tertbord.
Gooi die mengsel in die tertbord.
Versier met Kersies.
KERRIESOUTTERT:
Kors :
250 g. margarien.
1 tl. bakpoeier.
2 kop. meelblom.
1/2 kop. kookwater.
Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier in. Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig.
Vulsel :
500 g. maalvleis.
1 groot ui, gerasper.
2 aartappels, gerasper.
sout en peper.
Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eetl. klapper en 1 eetl. bladjang. Voeg by kokende vleismengsel. Vul ongebakte kors en bak 20 minute in warm oond.
BILTONGTERT: [kookkuns]
125 g koekmeel
12 g botter
125 g room of maaskaas
knippie sout
Meng meel en sout. Vryf botter in. Voeg room by. Verkoel in yskas vir 30 minute. Druk in ongesmeerde pastei-pan, 3 mm dik, en bak vir 15 minute teen 200°C.
Vulsel:
20 g koekmeel
30 g botter
goeie knippie sout
50 g gerasperde biltong
50 g gekapte sampioene besprinkel met een lemmetjie
¼ ui, gekap
5 ml pietersielie, gekap
2 eiers
Maak witsous met meel, melk en 20 g botter. Geur met sout. In dieselfde pan: soteer die uie en sampioene tot bruin in res van botter. Voeg witsous by. Skei eiers. Klits die gele en voeg by mengsel. Voeg bilting en pietersielie by. Klits eierwitte styf en vou by mengsel in. Skep in gebakte pasteikors en bak vir ± 20 minute tot gaar by 200°C.
SPINASIE EN BILTONGTERT: [uit WegSleep]
Kors
•2 koppies meel
•1 teelepel bakpoeier
•sout
•125gr margarien
•1 eier
•yswater
Vulsel
•2 koppies gaar spinasie
•1 bakkie gladde maaskaas
•1 koppie suurroom
•1 pakkie bruinuiesop
•1 koppie gerasperde cheddarkaas
•1 eetlepel gerasperde uie
•1 koppie fyn en dun gesnyde blitong
•4 geklitste eiers
Só maak jy
1. Vryf meelmengsel in
2. Meng tot deeg met die 1 eier en yswater
3. Rol uit, voer tertbak
4. Meng vulsel en gooi in tertkors
5. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bietjie biltong
6. Bak vir 40 minute teen 180C.