CHINESE ROERBRAAI:
Bestanddele:
1 Eetlepel olyfolie
14x Pak gevriesde groente
“Sweet and Sour” sous
1 Koppie rys
500g Steak in repies gesny
Metode:
Kook die rys in water vir sowat 20 minute totdat dit gaar is en al die water weg gekook is. Braai die vleis in bietjie olyfolie totdat dit amper gaar is, voeg dan die gevriesde groente by. Braai alles nou saam. Skep rys in ’n bakkie met die groente mengsel bo-oor. Gooi bietjie sous by en meng.
STEAK EN AARTAPPEL COMBO:
Bestanddele:
Steak
Aartappels
Botter
Suur roomkaas
Sout
Metode:
Braai die steak soos jy dit verkies in bietjie botter. Kook dan die aartappels, totdat dit sag is. Sny die aartappels oop en sit bietjie suur roomkaas oor die aartappels. Jy kan selfs bietjie botter oor die aartappels gooi met bietjie sout.
BLITSIGE KERRIEKOS:
6 snye brood bietjie olie
1 groot ui, gekap
250g spekvleis
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
300g soutvleis, fyn gemaak
5ml borrie
30ml vars pietersielie, gekap
45ml blatjang
4 eiers, geskei
125ml melk
250ml Cheddarkaas, gerasper
Stel oond op 180C. Verhit olie in pan en sorteer ui tot sag en deurskynend. Voeg spek by en roerbraai tot gaar. Voeg soetrissie by en roerbraai verder. Verwyder pan van hitte en roer soutvleis, kerrie, borrie, pietersielie en blatjang by. Plaas 'n laag gesnyde brood in gesmeerde oondbak en skep soutvleis bo-op. Maak bokant gelyk. Klits melk en eiers en giet oor gereg. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak 30 minunte of tot kaas bo-op goudbruin is.
KERRIE WENK: [uit Phillip se kombuis]
Kerrie is nie altyd maklik om te maak nie, veral as jy eers die verkeerde dinge bygevoeg het. Phillip stel die volgende wenke voor:
Gebruik altyd regte vars knoffel
Vars gemmer, net ‘n bietjie
Braai die uie (baie fyn gekap) en kerrie in olyfolie, dit sal verseker dat die kerrie se smaak uitkom.
Sit jou vleis en water by.
Indien jy nie van spesirye in jou vleis hou nie, maak ‘n klein sakkie en plaas die volgende daarin (vars is altyd beter):
# Basil blare
# Lourierblare
# Peperkorrels
# Mosterdsaadjies
# Danja
Voor die gereg klaar gekook het, sit twee suurlemoenskywe by, en indien jou gesondheid dit toelaat, ‘n half koppie bruinsuiker. Die suiker is nie nodig nie, want die ie het suiker in, en dit sal welk uitkom as die uie gebraai word.
Maak jou kerrie vandag, en dien dit eers môre op!!