KITS AARTAPPELGEREG:
By Berie Smith in KITSKOS ·
1 pakkie sampioensop
375 ml water
160 g gaar fyngekapte hoendervleis
100 g fyngerolde aartappelskyfies
180 g gaar erte
80 g gerasperde Cheddarkaas
Roer die pakkie sop by die water en kook totdat dit gaar is - ongeveer 15 minute. Hou 4 de van die aartappelskyfies uit.
Pak lae hoendervleis, aartappelskyfies, erte en kaas om die beurt in n gesmeerde bakskottel. Giet die sopmengsel bo oor en strooi die res van die aartappelskyfies oor. Bak 180°C, 20 minute of totdat dit bo op goudbruin is.
KAASAARTAPPELS:
By Berie Smith in KITSKOS ·
6 mediumgrootte aartappels, gaar;
1 pakkie hoenderroomsoppoeier;
500 ml melk;
1 ui, fyngekap;
200 ml gerasperde kaas;
25 ml botter.
Verhit oond tot 180 grade C.
Skil die aartappels, halveer en plaas in 'n gesmeerde bakskottel.
Meng soppoeier en melk, voeg ui by en bring tot kookpunt.Gooi sous oor die aartappels.
Sprinkel gerasperde kaas bo-oor en bak vir 30 min. in voorverhitte oond.
AARTAPPELKROKETTE MET KAAS:
By Berie Smith in KITSKOS ·
4 groot aartappels, gekook;
30 ml botter;
15 ml koekmeelblom;
30 ml gerasperde kaas;
sout en peper;
2 eiers;
droë broodkrummels;
kookolie om in te braai.
Druk aartappels fyn en roer botter, koekmeelblom, kaas, sout en peper na smaak by.
Meng met een eier en maak klein krokette soos worsies.
Verkoel in yskas tot hard.
Klits ander eier en doop krokette daarin en dan in broodkrummels.
Braai weerskante vir 5 - 6 min. in warm olie tot goudkleurig - of diepbraai 4 - 5 min.
AARTAPPELGEREG:
Ek het nie rerig presiese hoeveelhede vir die een nie – dit hang maar af van hoeveel mense moet saam eet.
Bestandele:
6 aartappels, geskil en in skywe gesny (so 5 mm dik)
250 ml room
pakkie sampioenroom sop
500 ml gerasperde kaas (chedder of gouda)
As jy rerig moeite wil doen, braai ‘n ui en ‘n pakkie gekapte bacon ook, en wissel dit tussen die lae af Meng die room en die sop saam. Jy kan dit so bietjie ‘rek’ as jou aartappels dalk groot is – gooi net melk by. Spuit ‘n oondbak met spray & cook en pak dan lae van aartappels, afgewissel met die room en sop mengsel, en klein bietjie kaas. (As jy bacon en uie het, sit dit op die aartappels voor die room en sop mengsel.) Eindig met ‘n goeie lagie kaas.
Bak in voorverhitte oond van 180 grade totdat dit goudbruin en sag is. Ek weet rerig nie hoe lank nie, maar ek skat ten minste meer as ‘n halfuur. Hou dit maar dop en toets met ‘n vurk of skerp mes of dit sag is. Jy kan ook die aartappels eers in die micro sit tot amper gaar – dit sal natuurlik die tyd in die oond minder maak.
Heerlik saam met braaivleis, en eintlik enigiets anders. En as dit koud is more-oggend, nogsteeds jammie.