“BêRE - MENGSEL:
By Berie Smith in KITSKOS ·
Vir die haastige kok! Maak die volgende aan en gebruik dit soos nodig! (Addisionele meel kom soms by.)
9 en 1/3 kp koekmeel
4 E bakpoeier
1 pd margarien / botter / kookvet
3 t sout
(ek gebruik 2.5 kg meel en 500 g margarien)
Meng droë bestanddele. Vryf smeer in. Bêre in glasfles in yskas, en gebruik soos nodig.
Wat kan jy als hiermee maak?
VLEISPASTEI - KORS
Maak 1 kp mengsel aan met koue water en skeutjie suurlemoensap. Druk / rol dun uit.
Gebruik soos benodig.
OF
SKONS / BOTTERBROODJIES
1 ½ kp mengsel
½ kp meel
1 eier met ¼ melk geklits
Maak alles aan tot sagte deeg. Druk plat, sowat 2 cm dik. Druk met glas / koekiedrukker in sirkeltjies.
Plaas op gesmeerde bakplaat en bak in warm oond vir so 10 – 15 minute tot goudbruin en gaar.
OF :
SOUSKLUITJIES
(in elektriese braaipan, ek verkies dit, maar dit kan ook in oondpan, bedek deeg bolletjies met foelie, in oond gebak word.)
4 groot E mengsel
1 groot E meel
1 E suiker
1 eier
Bietjie melk
Maak sagte deeg aan met bestanddele. Kook sowat 1 ½ cm (! Dis reg ja, cm!) water in braaipan.
Gooi knypie sout en ’n paar klontjies botter by. Laat botter net smelt, skep nou lepels-vol van deeg in water in die pan, sit deksel op en kook /bak vir sowat 10 – 15 minute.
Haal uit. Skep die kluitjies oor in opdienbak waarin dik lagie kaneelsuiker gestrooi is, en strooi nog kaneelsuiker bo-oor. Stip met klontjies botter.
Maak in dieselfde pan sous: Kook 1 ½ kp water en ½ kp kaneelsuiker op, bind met bietjie Maizena /Mielieblom, hou warm tot bedieningstyd, giet sous oor kluitjies in bak en Voila!
SONDAGAANDE -OPPIE -STOEP
Maak bg. SKON-degie aan.
Druk plan in oondpan.
Bak in warm oond tot goudbruin.
Haal uit oond, gooi nou ½ kp gesmelte botter oor, laat effe intrek, dan smeer jy lagie Bovril / Marmite oor, rasper lagie Cheddar kaas bo-oor. Rooster net sodat kaas smelt of opborrel.
Sny wiggies en eet sommer buite op stoep !
Ek het ook al tussen die Bovril en kaas, ’n dun lagie fyn gestampte biltong gestrooi, óf ’n lagie gaar spinasie en feta geskep.
En ek het al i.p.v. Bovril, tamatiesous of vars dun skyfies tamatie en brosgebraaide maalvleis of spek gebruik.
SPESERY SUIKER :
By Berie Smith in KITSKOS
SPESERY SUIKER vir pannekoek, melktert, wafels...en enige soet afronding.
625 ml sagte bruinsuiker
50 ml van der Hum likeur
10 ml kaneel
2 ml neutmuskaat
1 ml gemengde speserye
25 ml gerasperde lemoenskil
25 ml vermicelli
Meng 125 ml suiker met die likeur en speserye, voeg res van suiker, skil en vermicelli by en roer goed deur. Bêre in mooi dig sluitende fles.
SOUSPOEIER:
By Berie Smith in KITSKOS ·
250 g Bisto
250 g Maizena
1 pakkie elk van : bruin uie sop poeier, tamatiesoppoeier en sampioensop poeier.
Meng goed deur, hou in lugdigte houer, Gebruik soos verlang na dikte van wat verlang word.
Jy kan dit met bietjie water of melk aanmaak en by gereg voeg of bloot bo-oor strooi en roer tot verlangde verdikking plaasvind.
TEXAN-STEAK BRAAIVLEIS SPESERYE:.
By Berie Smith in KITSKOS ·
Meng :
1 groot bottel Robertson’s Braaivleis spesery
1 groot bottel Robertson’s Hoender spesery
1 klein botteltjie elk van: swart growwe peper, seldery sout, pietersielie, tiemie
1 klein houertjie Aromat.
Gebruik soos nodig.
his is your new blog post. Click here and start typing, or drag in elements from the top bar.