EIERGEBAK MET SAMPIOENE:
By Berie Smith in KITSKOS ·
1 pakkie sampioenroomsop
500g sampioene
250g uie
1 eier per persoon
125ml room
2ml borrie
5ml kerriepoeier
Voorverhit die oond tot 180C.
Los die soppoeier op in 400ml water en kook tot dik.
Soteer die sampioene en die ui en geur met sout en swartpeper.
Breek die eiers daarin en voeg die room, borrie en kerriepoeier by die sop en meng.
Bak vir 10minute, skep die res van die sampioene bo-op en bak nog 5 minute.
TORTILLA:
By Berie Smith in KITSKOS ·
4 - 5 middelgrootte aartappels
1 groot ui in skywe gesny
4 - 5 eiers
Sout
1. Sny aartappels in skywe.
2. Kook in olie - nie pap nie.
3. Braai uie - nie bruin nie.
4. Klits eiers liggies met vurk net deurmekaar.
5. Skep aartappels en uie (warm) in geklitste eier.
6. Meng baie liggies en gooi in pan - skud pan heeltyd.
7. Sit plat bord op pan en keer versigtig uit - skuif terug in pan.
Laat effens afkoel.
ONTBYTMUFFINS ook lekker vir die KOSBLIK:
By Berie Smith in KITSKOS ·
Lewer 12 groot muffins
Bestanddele
500 ml (2 k) koekmeel
500 ml (2 k) semels
125 ml (½ k) hawermout
‘n knippie sout
10 ml (2 t) bakpoeier
125 ml (½ k) sagte bruinsuiker
7,5 ml (½ e) gemaalde gemengde speserye
10 ml (2 t) gemaalde kaneel
125 ml (½ k) grofgerasperde wortel
125 ml (½ k) gedroogde bosbessies of rosyne
500 ml (2 k) ongegeurde jogurt
125 ml (½ k) sonneblomolie
7,5 ml (½ e) vanieljegeursel
2 ekstra-groot eiers, geklits
’n handvol gemengde neute of sade bv. pekanneute, sonneblom- of pampoensade
Metode
1.Voorverhit oond tot 180 °C en voer ‘n 12-muffinpan met muffinpapiertjies uit.
2.Meng al die droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak. Voeg die wortel en bosbessies by en meng goed.
3.Klits jogurt, olie, vanielje en eiers in ‘n aparte bak saam.
3.Maak ‘n holte in die droë bestanddele en voeg die jogurt-mengsel daarby. Meng liggies deur tot goed gemeng. Moenie te veel meng nie.
4.Skep beslag in die muffinpapiertjies en strooi neute en sade oor. Bak 30-35 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Die resep maak 12 groot muffins.
Wenke:
Vervang wortel en bosbessies met enige bestanddele van jou keuse, solank dit in totaal nie meer as 250 ml (1 k) is nie.’n Droëvrugte-en-neutmengsel, gewone koekmengsel of muesli sal goed werk. Probeer soms 125 ml (½ k) gekapte dadels en 125 ml (½ k) pekanneute of 125 ml (½ k) gerasperde appel en 125 ml (½ k) gekapte amandels.
2.Anders kan jy 60 ml (¼ k) klapper saam met die wortel of bosbessies gebruik. Sprinkel dan bo-op die muffins gebruik nog ’n bietjie klapper of gebruik sade soos sesamsaadjies.
3.Sprinkel ‘n handvol muesli bo-oor die muffins of enige ander saadjies oor die muffins. ’n Mengsel van sade en muesli binne-in die muffin sal ook heerlike tekstuur verleen.
INTERESSANTE HAWERMOUTPAP IN MIKROGOLF:
By Berie Smith in KITSKOS·
Bestandele vir 1 porsie:
60 ml (¼ k) rou hawermout
150-180 ml koue water (afhangend van die konsistensie wat jy verkies)
knippie sout
Metode
Meng alles saam in ’n hittebestande houer of klein kastrolletjie. Mikrogolf vir 3-4 minute en roer deeglik. Herhaal met 3-4 minuut intervalle tot pap gaar is. Of roer dit oor matige hitte in ’n kastrolletjie tot dit liggies prut en gaar is. Hawermout kook vinnig en behoort binne ’n paar minute gaar te wees.
Sit hawermout voor met enige van die onderstaande voorstelle en eksperimenteer gerus met jou eie kombinasies van die idees hier onder. Met meeste van die idees is dit dan nie nodig om melk en suiker oor die pap te eet nie, veral as die pap nie te styf gemaak is nie.
Wenke:
1.Gebruik enige vars of droë vrugte van jou keuse om met die pap voor te sit.
2. Rosyntjies, gedroogde bosbessies (cranberries) of sultanas en enige sademengsel, is heerlik. Pampoensade is baie gesond en kinders hou dikwels van sonneblomsaad.
3. Ander bestanddele wat lekker afwisseling bring, is neute, gemaalde kaneel, heuning of ’n bietjie muesli.
4. Bessies soos aarbeie, bloubessies of frambose en druiwe, perskes, mango, peer of piesang is heerlik op hawermout. In die winter is sommige mense selfs lief vir gestoofde droëvrugte en kaneel.
5. ’n Lekker kombinasie: piesang, kaneel en ’n paar neute (of ’n bietjie heuning, as jy moet.)
6. Terloops: hawermout wat eers afgekoel het en dan weer warm gemaak word, se GI is selfs nog laer.
VINNIGE ONTBYT SKONS:
Bestanddele
500 ml koekmeel
125 ml gerasperde Cheddarkaas
15 ml bakpoeier
1 eier
5 ml suiker
100 ml melk
2 ml sout
100 ml water
5 ml mosterdpoeier
50 ml kookolie
Paprika
Metode
Sif droë bestanddele. Voeg kaas by. Klits eier, melk, water en olie. Maak holte in middel van droë bestanddele en giet vloeistof in. Meng vinnig tot sagte deeg met vurk. Drup lepels vol op geoliede bakplaat, strooi paprika oor bokant. Bak 10 - 12 min by 220ºC. Sit warm voor met botter.
Lewer 12 groot skons.
KERRIE-EIERS: van Ouma se Resepte [Susan Hatem]
1 hoenderekstrakblokkie 225ml warm water
25ml margarien 1 ui (fyn gekap)
25ml koekmeelblom 12,5ml matige kerriepoeier
225ml melk (effens verhit) 5ml suiker
1ml sout 12,5ml asyn
10ml sultanas-opsioneel 25ml tamatiepuree
2 lourierblare
3 peperkorrels
25ml blatjang
4 hardgekookte eiers(in kwarte gesny)
pietersielie vir garnering
Los die hoenderekstrakblokkie op in die warm water en hou dit eenkant. Verhit die margarien in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin totdat dit ligbruin is. Voeg die kerriepoeier by en meng dit tot glad. Roer die melk en aftreksel wat eenkant gehou is, geleidelik by en laat dit ongeveer 5 minute lank prut totdat die sous verdik. Roer dit voortdurend. Roer suiker, sout, asyn, sultanas, tamatiepuree, lourierblare, peperkorrels en blatjang by en laat die sous 10 - 15 minute lank prut. Roer dit voortdurend. Voeg die eierkwarte versigtig by en laat dit nog 4 minute lank prut.
KITS KAASGEREG: yumm
10ml olie
1 middelslag ui, gekap
1 groen of rooi of geel of almal, soetrissie, ontpit en gekap 6 snye volkoringbrood
2 eiers 500ml afgeroomde melk
3 ml sout 5ml paprika
knippie rooipeper 250ml gerasperde kaas
25ml vars, fyngekapte pietersielie
Verhit die olie en soteer die ui en soetrissie totdat die ui sag en deurskynend is. Klits 1 eier en 250ml van die melk saam. Halveer die snye brood en week die brood in die eiermengsel. Plaas ‘n laag van die geweekte brood op die boom van ‘n gesmeerde oondskottel en geur dit met van die sout, paprika en rooipeper. Skep van die uiemengsel bo-op en strooi van die kaas bo-oor. Herhaal die lae totdat al die brood opgebruik is. Klits die ander eier saam met die res van die melk en giet dit dan oor die brood. Strooi die orige kaas en die pietersielie oor en bak 20-25 minute lank by 190C totdat die gereg gestol het. Lewer 4-6 porsies.
EIERKERRIE: [WegSleep - RESEPTE:Cass Abrahams FOTO'S: Ruvan Boshoff ]
Hierdie gereg kan as ’n middagete óf ’n ontbyt voorgesit word. Jy kan tot sardientjies, sousboontjies, mossels, Weense worsies of steak-repies byvoeg.
Jy benodig
• 50 ml kookolie
• 1 groot uit, gekap
• 4 naeltjies
• 4 wonderpeperkorrels
• 1 stokkie kassia
• 2 kardemompeule
• ¼ teelepel grofgemaalde swartpeper
• 2 blikkies gekapte tamaties
• 5 ml borrie
• 10 ml komyn, fyngemaal
• 10 ml koljander, fyngemaal
• 10 ml masala
• 10 ml knoffelpuree
• 10 ml gemmerpuree
• 6 eiers
• Vars koljanderblare
Só maak jy
•Soteer die uie in ’n groot braaipan saam met die naeltjies, wonderpeper, kassia, kardemom en swartpeper. Gebruik sommer ’n gróót pan hiervoor.
•Voeg die tamaties by en kook vir 2 minute oor ’n lae hitte voordat jy die fyn speserye bygooi.
•Kook vir nog 2 minute, voeg dan die knoffel en gemmer by en laat dit prut totdat ’n dik sous vorm.
•Breek die eiers versigtig in die kerriesous en besprinkel met sout voordat jy die deksel opsit en die eiers posjeer. Besprinkel met vars koljander (dhania) net voordat jy opskep.
EGGS IN YOUR OVEN: [PETRA PRETORIUS]
For anyone that may not know, the BEST way to make "hard-boiled" eggs is in the OVEN! Place the eggs in a muffin tray so they do not move around, turn the oven to 325 F degrees, pop in for about 25-30 minutes and remove! Not only are they tastier, but they also are much easier to peel!