BLOOSPOEDING:
By Berie Smith in KITSKOS
2 x 80g braamjellie
450ml kookwater
450ml koue water
1 x 397g blikkie kondensmelk
4 groot eierwitte
Styf geklitste room en aarbeie vir garing.
Los jellie in kookwater op. Voeg koue water by en laat in yskas tot dit begin stol. Voeg kondensmelk by en klits goed. Klits eierwitte tot goed styf en vou met ‘n metaallepel in jellie-menmgsel in. Gooi in diep poedingvorm en laat stol in yskas. Keer uit op
gladde bord en versier met room en aarbeie.
Jy kan ook hierby 'n gedreineerde blikkie vrugteslaai voeg.
KLASSIEKE SAGO-POEDING:
By Berie Smith in KITSKOS
Die oorspronklike resep bevat altyd appel-kooskonfyt, maar aarbeikonfyt is net so lekker daarby.
140g sago 750ml melk
100g suiker knippie sout
25ml botter 2 eiergele
50ml aarbeikonfyt 4 eierwitte
100g suiker
Verhit oond tot 180C. Gooi sago in ’n sif en spoel af met koue water. Gooi sago daarna in ’n kastrol saam met melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat dit deurskynend is. Haal kastrol van hitte af en voeg 100g suiker, sout en botter by. Dan kom die geklitste eiergele by en meng goed. Skep mengsel in gesmeerde bakkies of koppies. Stip aarbeikonfyt bo-op. Klits eierwitte styf en voeg suiker lepel vir lepel by. Dit moet ’n stywe meringue vorm. Skep of spuit die meringue bo-op die sagovulsel. Bak in warm oond vir 20 minute. Lewer 6 porsies.
VINNIGE BRUIN POEDING:
By Berie Smith in KITSKOS
8 eetlepels botter 8 eetlepels appelkooskonfyt
8 eetlepels koekmeelblom
8 eetlepels suiker
10ml koeksoda
500ml melk
Smelt botter en konfyt oor lae hitte in 'n kastrol.
Meng koekmeel en suiker.
Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele.
Voeg gesmelte botter en konfyt by.
Roer om goed te meng.
Die mengsel is loperig. Gooi in 'n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin.
KARRINGMELK POEDING: (Elize)
By Berie Smith in KITSKOS
1 koppie suiker
4 eetlepels botter
3 eiers goed geklop
1 koppie bruismeel
3 koppies karringmelk (500ml karton)
1 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1. Room botter en suiker goed tot lig en donsig. Klop eiers deeglik en voeg by.
2. Sif meel, sout en bakpoeier saam en roer in mengsel. Roer karringmelk en melk geleidelik by.
3. Gooi slap mengsel in gesmeerde bakskottel / bak. Bak 1 uur in 'n mattige oond, vooraf verhit tot 180°C.
KOUE APPELKOOSPOEDING:
By Berie Smith in KITSKOS ·
2 eetlepels gelatien
1 koppie koue water
6 eiers, geskei
1 eetlepel suurlemoensap
2 koppies suiker
3 koppies appelkooshelftes
1 teelepel sout
1 koppie room, geklop
Week gelatien in koue water en verhit stadig tot dit gesmelt is. Klits eiergele goed en voeg die suiker geleidelik by. Voeg sout en suurlemoensap by. Verhit die mengsel oor kokende water en kook tot dit aan die lepel begin vaskleef. Voeg gelatien by en klop goed. Laat afkoel. Klits die mengsel goed tot dit begin skuimerig word en voeg die styfgeklopte eierwitte by. Voeg appelkose en geklopte room by. Plaas in die yskas om te stol.
KOUE MALVA NAGEREG:
By Berie Smith in KITSKOS ·
200g pienk malvalekkers
250ml ingedampte melk
125g roomkaas
125ml geklopte vars room
aarbeie
Verhit malvalekkers en ingedampte melk in swaarboomkastrol. Klits roomkaas en room goed saam. Voeg malvalekkermengsel by. Skep in poedingbak of individuele bakkies en laat afkoel totdat dit gestol het. Bedien met vars aarbeie.
Lewer 4 porsies.
GEBAKTE SAGOPOEDING:
By Berie Smith in KITSKOS ·
750ml melk
125ml sago
15ml margarien
knypie sout
75ml witsuiker
50ml gouestroop
6 ekstra-groot eiers
Verhit die melk, sago, margarien en sout in ‘n dikboomkastrol tot kookpunt. Stel die hitte laer en prut die mengsel totdat die sago deurskynend is. Roer gereeld. Voorverhit die oond tot 200C en plaas ‘n pan met kookwater op die onderste oondrak. Smeer ‘n oondvaste bak van 25x15x5 cm. Klits die witsuiker, gouestroop en eiers goed saam. Voeg dit by die sagomengsel en meng goed. Giet die mengsel in die bak. Bak die poeding 25-30 minute tot goudbruin en gaar. Sit dit louwarm voor met vla.
PIESANG SAGO POEDING:
By Berie Smith in KITSKOS ·
2 eetlepels sago
1 eetlepel botter
2 koppies melk
2 eetlepels suiker
2 eiers, wit en geel apart
500ml fyn piesangs
Kook die sago in die melk tot dit gaar is en voeg die botter en suiker by. Voeg die geklitste eiergele by en laat afkoel. Voeg die piesangs by en meng goed. Klop die eierwitte styf en voeg by. Bedien koud.
BRUINPOEDING:
Bottermengsel:
1 eetlepel Botter
1 eetlepel Appelkooskonfyt (fyn)
1 eetlepel Heuning
Smelt in bak in die mikrogolfoond.
Sif die volgende bestanddele saam.
1 koppie Koekmeel (gesif - hoog vir baie lug)
1 teelepel Koeksoda
1 teelepel Gemmer
Meng met die bottermengsel.
Voeg 1 koppie melk by tot 'n deeg (nie te slap nie)
Skep in liggies gesmeerde bak, die bak moet 'n deksel hê wat pas.
Kook 1 koppie suiker en 1 koppie water, gooi oor die mengsel.
Bak in voorverhitte oond van 180º C tot bruin, bedien met lekker oudtydse selfgekookte vla.
MALVA POEDING:
Maak resep 3 X vir groot oondpan
1 kop koekmeel
.knypie sout
1 eier
1 kop suiker
1 el botter
1 el appelkooskonfyt
1 kop melk
2 el bruin asyn of sap en skil van 1 suurlemoen - ek verkies die asyn
1 tl koeksoda
Stel oond op 180 grade C.
Sif meelblom en sout saam.
Klop eier, suiker, botter en appelkooskonfyt goed saam.
Voeg meelblom om die beurt met melk by tot 'n slap deeg
Los koeksoda in asyn op en roer by deegmengsel.
Gooi uit in gesmeerde oondpan.
Bak tot toetspen skoon uit deeg kom en die poeding mooi donkerbruin is.
SOUS
1 blik carnation melk
1 carnation blik kookwater
½ koppie botter- NIE MARGARIEN
1 kop suiker
Kook saam vir 5 minute.
Gooi kokende sous oor poeding wanneer dit uit die oond kom.
Die sous moet die poeding behoorlik deurweek.
BRUINPOEDING SONDER EIERS: (Erna Boyder)
3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in
melk op en roer in.
Sif meel en sout in en meng deeglik.
Stroop:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1
eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm
stroop en laat opkook.
Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook.
Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.
VOORTREKKER POEDING:
1/2 lb. margarien (250 g)
2 eiers
4 eetlepels appelkooskonfyt
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
3 koppies kookwater
2 teelepels gemaalde gemmer
2 teelepels koeksoda
Gooi suiker in 'n diep bakpan, voeg kookwater by en roer tot die suiker opgelos is.
Room die margarien en konfyt, voeg meel, bakpoeier en gemmer, (saam gesif) alternatief met geklitste eiers by. Voeg nou die koeksoda, opgelos in 'n bietjie melk by. Voeg laaste van die melk by. Voeg lepelsvol van die mengsel in die stroop en bak in 'n matige oond tot donkerbruin. Die poeding maak sy eie sous, maar kan ook met vla of room geniet word.
DOEKPOEDING: [PETRA PRETORIUS]
Bestandele:
5 koppies meelblom
250ml ontpitte rosyne
5 eiers, geel en wit geskei
250ml dadels
1½ koppie appelkooskonfyt
½ teelepel gerasperde neut
250ml botter
25ml koeksoda
250ml suiker
½ koppie melk
½ teelepel sout
Room botter en suiker saam en voeg die geklitste eiergele by. Voeg die appelkooskonfyt by. Snipper die dadels en voeg die rosyne by. Los die koeksoda op in die melk en gooi dit oor die vrugte. Voeg dit by die bottermengsel. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel. Klop die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in. Smeer ‘n linnedoek met botter en sprinkel meelblom oor. Skep die mengsel daarin en bind die doek toe. Los egter genoeg spasie vir die poeding om te rys. Plaas die poeding in kokende water en plaas die deksel van die kastrol op. Stoom vir 3 uur lank. Bedien met ‘n sous van jou keuse, maak ‘n lekker wynsous smaak heerlik hierby.
Wynsous
150 g Suiker
250 ml Water
25 ml Botter
3 Eiers
125 ml Soetwyn
Plaas suiker en water in 'n kastrol en roer oor matige hitte tot suiker gesmelt is.
Verhit tot kookpunt en kook vir 15 minute tot stroopkonsistensie.
Voeg Botter by en roer tot gesmelt.
Voeg geklitse eiers by en meng goed.
Roer oor matigge hitte tot goed warm en sit voor saam met poeding.
JELLY SLICE!! [4 INGREDIENTS]
Makes 20
3 Packets Raspberry (or any flavour) jelly (Lite Jelly works)
3 Cups (750ml or 25 fl. oz) boiling water
1 Tablespoon Gelatin
1 cup (250ml or 8.5 fl. oz) cream
"low fat & lite cream works"
Combine jelly crystals, water and gelatin and stir until dissolved. Add cream and stir through. Pour into a slice tray and refrigerate overnight. Cut into slices before serving.
SOUSKLUITJIES: (Antoinette)
Kluitjies
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien/botter
1 eier
100 ml melk
Sous
500 ml kookwater
25 ml margarien/botter
kaneelsuiker
1. Sif droë bestanddele saam.
2. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
3. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig.
4. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.
5. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor.
6. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.