EIERVRUG BLADJANG: [JOU WêRELD]
By Berie Smith in KITSKOS
250 – 300 g eiervrug
15 – 25 ml olyfolie
5 ml vars, gerasperde gemmer
1 ml borrie
30 ml balsemieke asyn
45 ml pynappelblatjang
15 ml bruinsuiker
Die eiervrug moet in klein blokkies gesny word – so 0.5 cm by 0.5 cm. Begin dus deur die eiervrug in skywe van 5 mm te sny. Sny dan rofweg in blokkies. Sout en laat staan. Na ten minste 15 minute kan jy dit was en droog.
Verhit 15 ml olie in 'n braaipan. Voeg die gemmer en borrie by.
Braai vir so 30 sekondes.
As jy nie vars gemmer het nie, gebruik 1 – 2 ml fyn gemmer.
Voeg die asyn, pynappelblatjang en bruinsuiker by. Bring tot kookpunt en laat stadig prut vir 15 minute met 'n deksel op.
Dis reg as die eiervrug sag is, die asyn nie 'n te skerp smaak oorhou nie en dit lekker lyk!
Hier is 'n resep om MAYONNAISE 'n bietjie te rek en dit smaak nogal baie lekker. Veral die kinders is baie lief daarvoor, want dit het nie daardie byt in nie. Ek gebruik ook altyd die mayonnaise wat nie so ryk is nie.
1 bottel mayonnaise
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk.
Meng alles goed saam en gooi terug in bottel. Maak 2 bottels vol.
SOET KONDENSMELK:
twee pinte melk (een pint = 2 koppies = 570 ml)
kwart teelepel koeksoda
een pond suiker (een pond = 2 koppies)
half teelepel sout
1. Los alles in melk op en kook vinnig tot die dikte van dik room. Moenie laat oorkook nie en roer aanhoudend.
2. Laat koud word en gooi in flesse.
(Hierdie resep is vir diegene wat in lande bly waar kondensmelk nie beskikbaar is. Nou kan hulle ook ons lekker resepte met kondensmelk in berei.)
VINNIGE APPELKOOS BLADJANG: ["Kook en Geniet"]
250 ml fyn appelkooskonfyt
2,5 ml sout
0,6 ml rooipeper
2,5 ml fyn gemmer
190 ml witasyn
Meng die eerste 4 bestanddele goed saam en roer die asyn by volgens smaak.
Kook dit tot dit dik genoeg is.
KERRIE PERSKES:
•3 -4 Grt uie
•2,2 kg perskes
•1 en 1/2 bottel asyn
•1 des.l kerrie
•2 koppies suiker
•1/4 ons naeltjies
•1 des l all spice (korrek)
•1 des l fyn gemmer
•1/2 eetlepel sout
Stooi suiker en sout perskes en laat staan oornag.
Kook stroop en res van bestandele (15 min).
Voeg uie by.
Kook 15 minute.
Voeg perskes by.
Kook 6-10 minute.
Bottel warm.
KITS BLADJANG:
•1 Blik gesnipperde perskekonfyt (900 gram)
•4 groot uie
•375 gr dadels
•250 ml asyn
•7 ml Tabascosous
•7 ml sout
Maal die konfyt, uie en die dadels saam.
Voeg die asyn , rissiesous en sout by en meng deeglik.
Skep in gesterliseerde flesse en verseël.
Lewer 1,5 l bladjang
INGELEGDE NOEDELSLAAI:
500 g Pasta (enige een van u keuse) ek verkies klein
skulpnoedels
375 ml kookolie
250 ml wit asyn
1 kg tamaties geskil en gesnipper
1/2 kg uie fyngekap
200 ml suiker
20 ml sout
100 ml mayonnaise
2 groen rissies gesnipper
2 koppies gaar gemengde groente (bv. wortel, ertjies, mielies,boontjies)
Kook uie, tamaties, groen rissie, asyn, suiker en 325 ml olie vir 15 minute of tot sag.
Kook noedels tot net sag in groot kastrol met net genoeg water en 20 ml sout met res van olie.
Dreineer goed en voeg pasta, groente en mayonnaise by uiemengsel. Kook goed deur.
Lê in terwyl nog warm is en verseël.
SOUSBONE:
•1 Koppie bone
•1 eetlepel meelblom
•3 eetlepel asyn
•1-2 teelepel goue stroop
•1 teelepel sout
Kook bone in water sag.
Gooi water af.
Meng alles by boontjies en kook deur.
Bottel warm.
LEKKER KAASSMEER: [PETRA PRETORIUS]
1 kg prosseseerkaas
1 lt langlewe melk (Bv. Everfresh)
1. Rasper die kaas. Verhit die melk op die stoof (nie tot kookpunt nie, net lekker warm).
2. Gooi die kaas by die melk, en roer totdat die kaas heeltemal gesmelt het. Dit vat nogal 'n rukkie.
3. Gooi dan in houers en laat afkoel. Jy kan ook, terwyl die kaas smelt in die melk, enige geursel bygooi wat jy verkies (bv. fyn biltong, spek, peperkorrels, ens).
Die smeer spaar jou omtrent R10 per botteltjie en is HEERLIK!