NOG KITSKOS IDEES:
By Berie Smith in KITSKOS
INTERESANTE HAWERMOUT VIR ONTBYT:
Hawermout is een van die gesondste opsies vir ontbyt. Dis vinnig en maklik om te maak, goedkoop en baie veelsydig. Met die regte bykomstighede, nie net melk en suiker nie, is dit ook ’n ontbyt met ’n lae GI, wat jou langer versadig sal hou. Varieer die bestanddele waarmee jy dit elke dag voorsit om dit interessant te hou.
Bestandele vir 1 porsie:
60 ml (¼ k) rou hawermout
150-180 ml koue water (afhangend van die konsistensie wat jy verkies)
knippie sout
Metode
1. Meng alles saam in ’n hittebestande houer of klein kastrolletjie. Mikrogolf vir 3-4 minute en roer deeglik. Herhaal met 3-4 minuut intervalle tot pap gaar is. Of roer dit oor matige hitte in ’n kastrolletjie tot dit liggies prut en gaar is. Hawermout kook vinnig en behoort binne ’n paar minute gaar te wees.
2. Sit hawermout voor met enige van die onderstaande voorstelle en eksperimenteer gerus met jou eie kombinasies van die idees hier onder. Met meeste van die idees is dit dan nie nodig om melk en suiker oor die pap te eet nie, veral as die pap nie te styf gemaak is nie.
Wenke:
1.Gebruik enige vars of droë vrugte van jou keuse om met die pap voor te sit.
2. Rosyntjies, gedroogde bosbessies (cranberries) of sultanas en enige sademengsel, is heerlik. Pampoensade is baie gesond en kinders hou dikwels van sonneblomsaad.
3. Ander bestanddele wat lekker afwisseling bring, is neute, gemaalde kaneel, heuning of ’n bietjie muesli.
4. Bessies soos aarbeie, bloubessies of frambose en druiwe, perskes, mango, peer of piesang is heerlik op hawermout. In die winter is sommige mense selfs lief vir gestoofde droëvrugte en kaneel.
5. ’n Lekker kombinasie: piesang, kaneel en ’n paar neute (of ’n bietjie heuning, as jy moet.)
6. Terloops: hawermout wat eers afgekoel het en dan weer warm gemaak word, se GI is selfs nog laer.
Onthou: ‘n kosblik
- is vir ’n kind meer as net die kos daarin is. Dis iets bekend wat van die huis af saamgekom het –veral vir daardie eerste ruk in ’n nuwe klas of eerste skool.
- vervang nie ontbyt nie! Maak seker kinders eet ’n gesonde ontbyt voor skool, sodat die kosblik aanvullend kan wees. Hulle het nodig om meer gereeld te eet, so pak kleiner hoeveelheide van ’n verskeidenheid kosse in, sodat hulle genoeg het om van te kies tydens pouses.
Hoe gesonder ’n kind eet, hoe beter kan sy lyf en brein funksioneer. Dink dus mooi as jy beplan en ook inkopies doen vir skoolkosblikke. Met die praktiese wenke kan jy dit maklik groen en gesond hou. Dis ook heelwat goedkoper om self iets te koop as om op die snoepie aangewese te moet wees.
Verfynde suiker en kosse laai ’n swaar las op ons lywe. Daar is dikwels min of geen voedingswaarde in nie en dit het ’n negatiewe uitwerking op onder andere ons immuunstelsel en algehele breinfunksionering. Kinders se ontwikkeling, energievlakke, konsentrasie en gedrag (en dikwels hul buie) word ook daardeur benadeel. Natuurlike suikers, soos die in bv vrugte, is baie makliker om te verteer en die vrug bevat darem ander voedingswaarde ook. Deur kinders se bloedsuikervlakke gebalanseerd te hou, funksioneer hulle beslis beter.
Dit is soms verstommend om te sien hoeveel lekkergoed, verwerkte kos en kitskos kinders as skoolkos kry. Iets kleins as ’n bederfie of spesiale eetding een of twee keer ’n week is vir almal lekker, maar dit behoort nie die oorheersende tema van die kosblik te wees nie.
’n Gesonde eetpatroon is een van die belangrikste geskenke wat jy jou kind kan gee. Jy is ook sy voorbeeld, so eet saam met hom gesond en maak dit ’n gesins-manier-van-doen.
1. Hou dit gesond
• vra jouself: het hierdie kos wat ek inpak enige voedingswaarde
• vermy verfynde koolhidrate en suikers soos koekies en witbrood – dit bevat min of geen voedingswaarde
• vermy kos met te veel kleur-, preserveermiddels en vet
• hou die kosblik gebalanseerd, maw ’n variasie van kos en in matige hoeveelhede. Kies lae GI-brood, muffins en soutbeskuitjies
• gee altyd iets te drinke saam, verkieslik water of tuisgemaakte ystee of verdunde vrugtesap. Kinders behoort nie energiedrankies of gaskoeldranke te drink nie.
• vars vrugte en ’n handjie vol neute of sade bly goeie, gesonde energie. Dit maak die kosblik sommer ook kleurvol.
• groente opsies: gestoomde broccoli en boontjies is maklik om met die hand te eet (skink kookwater oor en laat dit ’n paar minute staan, dreineer in koue water.) Klein gaar aartappeltjies en worteltjies is maklik om in te pak en te hanteer.
• lekker idees vir toebroodjies – gebruik liewer grondboontjiebotter as nog ’n keer kaas en konfyt. Ander opsies is avokado, koue vleis, kaas en komkommer.
• vir ’n protein, is iets soos ’n klein frikkadelletjie, stukkie koue oorskiet-vleis, boerewors, biltong of droëworsie ideaal. ’n Blokkie kaas of paar neute werk ook goed.
2. Maak self iets – hoe varser hoe beter
• groenterepies, stukkies vars vrugte, dalk met ’n paar neute en ’n sousie om dit in te doop. Pesto of maaskaas is lekker vir ’n warm dag.
• vrugte en groente in seisoen is die beste keuse (dit is nie van so ver aangery om dit op die rak te kry nie en is goedkoper en geuriger) ’n Heel vrug, handvol klein tamaties of stukkies komkommer of wortel is heerlik om aan te peusel.
• neute en droëvrugte is maklik om in te pak. Tuisgemaakte springmielies is lekker om aan te peusel en baie gesonder.
3. Maak dit kindervriendelik
• hou kos in happie-groottes volgens kind se ouderdom
• gebruik kossoorte waarvan hulle hou (spoel bv wiggies appel in water af om te keer dat dit bruin word)
• gebruik elke dag ‘n lekker verskeidenheid (sny broodjies bv in interessante vorms of op verskillende maniere, maak ’n klein slaaitjie in ’n aparte bakkie en gee ’n klein vurkie om dit mee te eet)
• maak hulle betrokke, laat hulle voorstelle maak oor gesonde kos wat hulle graag wil eet.
• ’n briefie of mooi plakker op ’n toegedraaide broodjie laat die broodjie sommer lekkerder smaak.
4. Pak dit groen
• gebruik bakkies en houers wat jy weer kan gebruik.
• kies bakkies met afskortings of waarin kleiner bakkies kan pas. Deksels moet ook dig seël. Klein wegneem-sousbakkies werk goed.
• sit sap of water in ’n botteltjie wat ook weer gebruik kan word. Sit dit in die somer oornag in die vrieskas om maklik koue water byderhand te hê.
• ’n klein koelsakkie is ideaal om alles maklik bymekaar en koel te hou.
• pak klam of nat items apart, sodat iets soos broodjies of bv Provita nie sag word nie. Stukkies vrugte, ’n trossie druiwe of stukkies komkommer en tamaties kan maklik in ’n aparte klein bakkie gepak word.
• pak toebroodjies in toebroodjiesakkies of botterpapier wat weer gebruik kan word.
• pak net genoeg vir die dag in, sodoende gaan minder vermors word.
• as jy kos koop om in te pak, kies iets wat so min as moontlik verpakkingsmateriaal het wat net in ’n drom gaan beland.
KITSKOS WENKE EN IDEES: [ONBEKEND]
Probeer van hierdie maklike wenke vir jou middagete-roetine:
Bedink en beplan wat vir middagete alles moet gebeur, sodat jy dit so groen-effektief as moontlik doen, soos die voorbeelde hier onder.
1. Iets van die vorige aandete kan dalk vinnig in middagete omskep word, bv oorskiet-pasta of hoender vir ’n slaai, met blaarslaai, komkommer en tamatie of vrugte.
2. Hierdie slaai is perfek om in te pak vir middagete by die werk. Hou net die kruie en slaaiblare apart en voeg dit by voor jy dit eet. Neem die slaaisous in ’n aparte houertjie, met ’n stewige deksel, saam.
3. Beplan middagete rondom die etes van die res van die dag. As jy bv net ’n baie ligte ontbyt geëet het of nie ’n baie groot aandete gaan eet nie, is hierdie ’n ideale middagete. Dis lig en regtig gesond.
4. Gebruik vars kruie en dalk ’n paar slaaiblare uit jou tuin – daar’s niks wat vermors word nie en dis heerlik vars.
5. Blikkies vir die slaai: dreineer die vloeistof in ’n houer en vries vir groente- of boontjie- of lensiesop op ’n ander dag.
6. Maak dubbel die slaaisous en hou in yskas vir later.
7. Spoel blikkies uit en plaas hulle so skoon in die hersirkuleer-houer.
8. Gooi skille en pitte direk in ’n houer waarmee dit wurmplaas of komposhoop toe kan gaan.
Onthou: tuna is ’n goeie alternatief vir vleis – dit verteer maklik, is laag in cholesterol en in geblikte vorm, ook laag in vet, veral as jy tuna in water koop. Vars tuna is propvol gesonde vette, veral die omega-olies, wat belangrik is vir gesonde breinfunksionering, ’n mooi vel en vele ander aspekte.
Bone en peule, soos verlede week se hawermout, is ook belangrik om cholesterol te verlaag. Dit neem nie net slegte cholesterol weg uit jou are nie, maar verhoog ook die goeie cholesterol wat ons nodig het. Bone en peule is ook bekend daarvoor dat dit bloeddruk verlaag, jou bloedsuikervlakke gebalanseerd hou (ook vir diabete) en laag is in vet, maar hoog in vesel.