MARINDA SE PASTA:
By Berie Smith in KITSKOS ·
1 pak pasta van jou keuse
1 pakkie spek
2 blikkies gerookte mossels
1 blikkie tamatie en uie smoor knoffel
witsous of kaassous (sommer die kits pakkies of nog beter maak jou eie) gerasperde kaas
Kook die pasta volgens die aanwysings intussen braai die spek tot lekker bros, voeg knoffel by en braai 1 minuut gooi tamatie en uie smoor by dreineer olie van gerookte mossels en voeg mossels ook by laat prut tot warm - sowat 1 minuut geur met sout (indien nodig aangesien dit reeds souterig sal wees) en peper.
Dreineer gaar pasta en vorm lae met pasta en mengsel in 'n oondvaste bak gooi die witsous/kaassous oor die gereg en sprinkel gerasperde kaas bo oor bak in oond tot kaas gesmelt is sit voor met mengelslaai en lekker vars brood.
NOEDELGEREG:
By Berie Smith in KITSKOS ·
Vinnig en lekker.
500 g maalvleis
1 groot ui, fyn gekap
250 g ontbytspek
1 blik (420 ml) geroomde suikermielies
500 ml gaar noedels
1 blik (425 g) tamatieroomsop
sout en peper na smaak
500 ml gerasperde cheddarkaas
Stel oond op 180°C. Smeer 'n tertbak van 180 mm x 300 mm.
Braai vleis en ui in 'n pan en voeg spek by. Braai nog 'n bietjie tot ui sag en vleis gaar is. Voeg die suikermielies, noedels en sop by en geur. Skep in voorbereide bak en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak in voorbereide oond tot kaas gesmelt is.
Wenk: Jy kan die kaas met die helfte verminder en dus net 250 ml gebruik.
Vou dan eers dié kaas in die mengsel en sprinkel dan 'n halwe ring fetakaas (gekrummel en gemeng met bietjie vars broodkrummels) bo-oor.
Voeg gerus ook bietjie vars gekapte pietersielie by vir ekstra geur en kleur.
SPAGHETTI ALLA LEKKER:
By Berie Smith in KITSKOS ·
Die kos kan op die oond of as ‘n potjie op die kole of op gas gemaak word.
Benodighede:
3 Meduim uie in ringe gesny
2 - 3 Eetlepels olyfolie
1 Groenrissie in repe gesny
500g Bacon stukkies (of gewone bacon in stukkies geknip)
500g Franse Polonie in 1cm blokkies gesny
1kg Baie lean maalvleis (of volstruis maalvleis)
250g Pasta (Ek verkies die skroefies) vooraf el dante gekook. (Moenie heeltemal gaar wees nie)
1 Pakkie sampioene opgekerf
2 Blikkies Sampioenroomsop
½ Bottel Blatjang
600g Kaas
1 Teelepel sout
So maak mens:
Laat pot warm word.
Gooi olyfolie in en versprei oor bodem.
Braai uie tot glaserig en voeg groenrissie, bacon stukkies en franse polonie by. Jy kan op die staduim geur met ‘n bietjie knoffel. Braai dit alles saam tot bacon amper gaar is.
Voeg nou die maalvleis by en roer die spulletjie deurmekaar.
Stel hitte bietjie af en maak toe vir so 30 na 45 minute.
Maalvleis behoort nou gaar te wees.
*(As jy die pasta per ongeluk te gaar gekook het skip jy die volgende stap)
Gooi die pasta in die pot.
Gooi die sampioenroomsop, sampioene en bladjang in die pot.
Voeg sout en een derde van kaas by.
Roer deurmekaar en laat nog 15 minute kook tot die pasta weer warm is.
Bedien saam met Italiaanse slaai. Strooi van orige kaas oor warm kos.
*(As jou pasta te gaar was maak jy dit warm en bedien die kos bo-op die pasta.)
Hierdie is anders en fantasties lekker saam met slaai of net so, dit maak 12 !
SPAGHETTI CUPCAKES: [PETRA PRETORIUS]
Makes 12
420g tin spaghetti in sauce
4 eggs, beaten
2 cups (200g) mozzarella of enige kaas, grated
Spray and cook
Preheat oven to 180°C. In a bowl beat eggs, then add 1 1/2 cups cheese and the spaghetti and stir to combine. Grease muffin tins and evenly distribute the mixture across 12 muffin cups. Top each with remaining cheese and bake for 15 minutes.
Jy kan hulle decorate met stukkies ham of bacon as jy wil ....
YUMMY PASTA!
Bestanddele:
Pasta (spaghetti)
Maalvleis
2 blikkies (klein) Tamatiepuree
Knoffel
Vars Basil
Metode:
Kook die pasta vir so 10-15 minute in water en ’n spatseltjie olyfolie
Braai dan jou maalvlies. Wag tot net voordat dit gaar is en dan gooi jy ’n teelepel knoffel by. Moenie die knoffel te vroeg bygooi nie, anders brand dit. Gooi dan nou jou tamatiepuree by met bietjie water. Meng alles saam en laat dit bietjie prut. Dreineer jou pasta en gooi dan jou maalvleis mengsel by. Sny die vars Basil op en sprinkel dit oor die pasta. Jy kan ook bietjie sout bygooi vir geur.
PASTA IN ‘N POT:
Kook 250g Elmboognoedels in soutwater tot amper al dente, dreineer en gooi terug in die pot.
Voeg so 3 of 4 teelepels botter of bakmargarien by die pasta en meng deur tot gesmelt en die pasta goed gesmeer is.
Klits nou 2 groot eiers en voeg dit by die noedels.
Voeg ¾ kopie melk, 1 teelepel rissiesous(na smaak), 1 teelepel mosterpoeier, bietjie knoffel en sout en peper by noedels.
Voeg ½ - 1 koppie gerasperde kaas en ‘n bietjie melk by.
Roer-kook vir so 3 – 5 minute tot lekker romerig.
Bedien met slaai.
VIS-EN-PASTAGEREG: [vrouekeur]
½ Pakkie Rysnoedels
Bietjie olie
Vis
1 Pak Stokvisfilette, ontdooi
2 Koppies Water
1 Koppie Melk
Sous
Bietjie olie
2 Uie Gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
1 Rooi Soetrissie, in blokkies gesny
4 Teel Kerriepoeier
1 Blik Gekapte tamaties
3 Eetl Blatjang
2 Eetl Bruinsuiker
1 Eetl Vars koljander, gekap
1 Eet Suurlemoensap
Knippie rooipeper
½ Koppie Sultanas
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
1 Koppie Kaas, gerasper
Stel oond op 180C. Kook pasta in soutwater met bietjie olie tot al dente. Dreineer en
hou eenkant. Roer nog bietjie olie deur sodat dit nie aan mekaar kleef nie.
Vis :
Trek velle van visfilette af, indien nodig. Posjeer vis in water en melk.
Dreineer en vlok grof.
Sous :
Soteer uie en knoffel in olie tot sag en deurskyend. Voeg soetrissie by en soteer nog 3 minute. Meng kerriepoeier by en voeg res van bestanddele, behalwe kaas by. Voeg sout en peper na smaak by. Skep pasta in oondbak met vis bo-op, gevolg deur sous en strooi kaas bo-oor. Bak vir 20 minute of
tot kaas gesmelt is. Sit saam met groenslaai voor.
VEGETARIESE PASTA: [VROUEKEUR]
1 Pak Skulpiepasta
Sous
Ui Gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
Bietjie olie
1 Rooi Brandrissie, ontpit en gekerf
1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 Pakkie Bruin sampioene, gekerf
1 Blik Gekapte tamaties, gedreineer
1 Pak Spinasie, gewas, stingesl verwyder en gekap
Sout en swartpeper na smaak
3 Eetl Vars parmesaankaas, gerasper
Kook pasta in borrelende soutwater tot net gaar. Dreineer en hou eenkant warm.
Sous :
Soteer intussen ui en knoffel in bietjie olie tot ui sag is. Voeg brandrissie, soetrissie en sampioene by en soteer tot sampioene verbruin. Voeg tamaties,
spinasie, sout en peper by en laat nog 5 minute stadig prut. Roer sous by gaar pasta
en sit warm saam met parmesaankaas voor.
WORS-EN-RYSNOEDELGEREG:
1 Pak Rysnoedels
1 Pak Vars spinasie, gewas, stingels verwyder en in repies gesny
2 Selderystingels, in skyfies gesny

2 Getakaasskywe, gekrummel
½ Kropslaai In repies gesny
1 Pakkie Plaasworsies, gaar en in skyfies gesny
Sous
1 Ui Fyn gekap
1 Eetl Vars pietersielie, gekap
¾ Koppie Gewone jogurt
½ Koppie Aangemaakte mosterd
1 Eetl Suurlemoensap
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Kook pasta in borrelende soutwater tot net gaar. Dreineer en laat afkoel. Meng res van bestanddele liggies by afgekoelde pasta in. Sous : Meng sous bestanddele saam en meng met pastagereg.
Hierdie gereg ka nook as ‘n slaai voorgesit word.
LIETSJIE-EN-VARKPASTA: [VROUEKEUR]
1 Pak Spiraalpasta
1 Ui Fyn gekap
Bietjie olie
750 G Varkvleisrepies
Sout en peper na smaak

1 Groen Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
4 Sprietuie Gekap
1 Blik Lietsjies, gedreineer
Sous
1 Koppie Mayonnaise
½ Koppie Gewone jogurt
½ Teel Paprika
2 Eetl Vars pietersielie, gekap
Kook pasta in borrelende soutwater tot net gaar. Dreineer en hou eenkant. Soteer intussen ui in bietjie olie tot net sag. Skep uit en hou eenkant. Geur vleisrepies met sout en peper. Voeg nog bietjie olie by indien nodig en braai vleisrepies tot goed gaar. Verwyder uit pan en laat eenkant tot afgekoel. Meng ui, vleisrepies, soetrissie, sprietui en lietsjies saam. Roer pasta liggies by, maar moenie te veel meng nie anders breek bestanddele. Sous : Meng mayonnaise, jogurt, paprika en pietersielie
saam en roer liggies deur pastamengsel. Sit koud voor Geblikte lietsjies kan met vars lietsjies vervang word. Verwyder pitte. Gereg kan ook as ‘n slaai voorgesit word.
SPEK-EN-SAMPIOENGEREG: [VROUEKEUR]
1 Pak Skroefpasta
Sous
1 Ui Gekap
Bietjie olie
1 Selderystingel, in skyfies gesny
½ Groen Soetrissie, in blokkies gesny
1 Pakkie Sampioene, in skyfies gesny
1 Pakkie Spek, gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
½ Teel Gedroogde gemengde kruie
½ Teel Gedroogde soet basiliekruid
2 Eetl Koekmeel
3 Eetl Tamatiepuree
½ Koppie Hoenderaftreksel
Sout en swartpeper na smaak
1 Koppie Kaas, gerasper
Stel oond op 180C.
Kook pasta in borrelende soutwater tot net gaar, dreineer en hou eenkant warm.
Soteer intussen ui in bietjie olie tot net sag. Voeg seldery en soetrissie by en soteer nog 3 minute. Voeg sampioene by en soteer nog 8 minute tot
sampioene gaar is. Skep uiemengsel uit en hou eenkant. Braai spek saam met knoffel tot gaar en roer uiemengsel daarby. Roer kruie en meel by tot meel geabsorbeer is. Roer tamatiepureee by hoenderaftreksel tot goed gemeng en voeg
by uiemengsel. Laat oor lae hitte vir 5 minute prut of tot sous verdik. Geur met sout en paper. Roer pasta en sous saam en skep in gesmeerde oondbak. Sprinkel kaas oor en bak 15 minute of tot kaas heeltemal gesmelt het.