KAASKORS:
120 g (250 ml) koekmeelblom
125 ml (50 g) gerasperde cheddar-kaas
125 ml botter, gerasper]
1. Meng al die bestanddele tot 'n stywe deeg. Druk vas op bodem en kante van quichebak met 'n deursnee van 220 mm.
2. Vul met vulsel.
VULSEL
100 g biltong, in dun repies gesny
4 eiers
300 ml ongegeurde jogurt
250 ml gerasperde cheddar kaas
30 ml gerasperde parmesaan kaas
80 ml melk
1 x 340 g blik aspersielote, gedreineer
paprika 30 ml parmesaan kaas vir garnering
1. Strooi biltong op tertkors. Klits eiers, jogurt, kaas, parmesaan-kaas en melk goed en gooi oor biltong. Pak aspersies bo-op eiermengsel en strooi res van parmesaankaas bo-oor.
2. Bak 45 min by 180?C tot gestol.
Alternatief: Vervang biltong met gesnipperde spek, gekerfde ui, groenrissie en sampioene wat saam gebraai is.
KAASSKONS IN JOU SNACKWICH: [PIETER BELL]
Iets lekker vir Sondag oggend.
4 eetlepels Olie
1 Eier
¾ koppie Melk
1 koppie meel
2 Teelepels bakpoeier (kan bakpoeier uitlaat en Bruismeel gebruik).
1 ½ koppie Gerasperde Kaas
Meng alles saam en dan maak jy dit in die “snackwich” gaar!
Bedien saam met n braai..Sny oop en sit botter en sommer n groenslaai in ...Heerlik!!
Kan dit ook oopsny en botter smeer en op die rooster so n bietjie crispy braai heerlik!!
LEMOENSKONS MET NEUTE:
SKONS
280g (500ml) meelblom
10ml bakpoeier
30ml strooisuiker
knippie sout
50g (60ml) botter of margarien
10ml gerasperde lemoenskil
1 eier, geklits
125ml melk
BOLAAG
1 eierwit
60ml neute, gekap (amandels of pekanneute)
15ml strooisuiker
Sif die meelblom, bakpoeier, strooisuiker en sout saam in ‚n groot bak.
Vryf die botter of margarien met die vingerpunte in en sprinkel 5ml van die lemoenskil oor die mengsel.
Klits die eier en melk saam en voeg dit by die meelmengsel.
Meng liggies sodat dit ‚n sagte, ferm deeg vorm.
Indien nodig, kan nog 15-30ml melk bygevoeg word.
Rol die deeg liggies uit tot ’n dikte van nagenoeg 2.5cm en druk die skons met ’n ronde drukkertjie uit.
Berei die bolaag deur die eierwit styf te klop en bo-op die skons te smeer. Sprinkel die neute, die res van die lemoenskil en strooisuiker oor en bak dit 12-15 minute lank 200ºC (400ºF).
Verminder die hitte teen die einde van die baktyd om te voorkom dat die bolaag te bruin word.
Lewer 10-12 skons.
Variasie
Gebruik gerasperde suurlemoenskil pelks van lemoenskil.